Content area
Abstract
Te wyte aan 'n werklikheidsverstaan wat sy wortels in die Kartesiaanse ~ualisme van gees teenoor natuur vind, het die mens se omgang met die natuur in die ekologiese krisis ontaard. Sodanige werklikheidsver-- staan was ook gekondoneer deur die Christelike teologie se interpretasie van Genesis l vers 28. Alhoewel die mens se verhouding tot die natuur vandag eties herskrywe is, is dit dogmaties nog tastend. Dit is daaraan toe te skrywe dat \g"enoemde dual i sme horn nog steeds in die teologie van ons dag skuilhou.
Die taak is hier opgeneem om hierdie dualisme in die Protestantse teologie van die twintigste eeu bloot te le. Dit is gedoen deur bepaalde rigtings in die teologie wat tendensieuse karakter het, te identifiseer. 'n Verteenwoordigende eksponent is vir elke model gekies by wyse van kriteria wat 'n onderlinge koherensie sou verseker. Die volgende keuses is gemaak: die fisiko-teologiese model soos by K. Heim, .die eksistens-teologiese model soos by F. Gogarten, die onto-teologiese model soos by K. Barth, die eskato-teologiese model soos by J. Moltmann en die etico-teologiese model soos by G. Altner.
Nadat hierdie modelle sistematies beskryf is, en wel op so 'n wyse dat die bree strekking van 'n bepaalde teoloog steeds daarin teruggevind kan word, is hulle in die lig van Bybels-reformatoriese beginsels gewaardeer en relevante kritiese aspekte is uitgelig.
Uit die ondersoek het dit geblyk dat die Kartesiaanse dualisme op twee wyses in die werklikheidsverstaan van die teologie figureer. Enersyds is daar die metafisiese modus soos verwoord deur Heim se polariteitswet, Barth se ontologiese verbondsbeginsel en Moltmann se triniteitsideologie. Andersyds is daar die gnoseologiese modus soos verwoord deur Gogarten se mistieke bewussyn en Altner se abstrakte subjek.
Op grond van die insigte wat verkry is, word gestel dat die teologie die werklikheid nog metafisies-ontologies vanaf God, nog mistiesabstrak vanaf die mens, maar wel fisies-solider vanaf die natuur moet verstaan. Die teologie behoef 'n pneumatologiese skeppingsleer wat ruimte bied vir die toekoms wat God skenk en wat nou reeds beleef kan word. En dit voer tot solidariteit en hoop - ekologies sowel as sosiologies.