Content area
Abstract
Die arbeidsgeskiedenis van Suid-Afrika was sedert die einde van die vorige eeu deel van die land se politieke bestel. Soos wat dit ook in ander lande soos Argentinië, Brasilië, Venezuela, Spanje, Pole, Joego-Slawië, die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR) Suid-Korea en Taiwan was, was werknemer/vakbondmilitansie 'n belangrike komponent van die •.nuwe politieke bedeling aangesien vakbonde genoop was om aan die vryheidstryd deel te neem (Anstey, 1992:8-12). Werkgewers was deurentyd die slagoffers van hierdie militansie en kon in werklikheid nie veel vermag om die werkplek te demilitariseer nie.





