Content area

Abstract

In 'n veranderde Suid-Afrika, op die drumpel van 'n heel nuwe onderwvsstelsel, het dit nodig geword om weer indringend na onderwysstandaarde in die land te kyk. Omdat dit blyk dat die .bestaande stelsel moet en gaan verander, beteken dit ook dat onderwvsstandaarde onder die vergrootglas gaan kom en dat veranderings ook op die gebied moontlik mag wees. Vernuwing en verandering skep, in sommige mense 'n gees van vrees, kommer en onsekerheid en in ander 'n gees van opgewondenheid en afwagting. Beide partye spekuleer egter oor wat presies met onderwysstandaarde in Suid-Afrika kan gebeur wanneer beleidmakende en beheerliggame mag verander. oaar moet egter eers bepaal word wat onder die begrip "Onderwysstandaarde" verstaan word. oit is 'n begrip waarom hedendaags grootskaalse verwarring en onsekerheid heers en waaroor wyd gedebateer en redeneer word. Bogenoemde standpunt word gereflekteer in die woorde van Van der Walt (OVSA 1992, 2), "Uit die Iiteratuur waarin die gesprek oor onderwysvoorsiening en onderwysstandaarde tans gereflekteer word, is dit duidelik dat daar op so 'n diverse wyse van die term "standaarde" gebruik gemaak word dat die gesprekvoerde~s in werklikheid moeilik anders kan as om by mekaar verby te praat." Hy gaan verder en Iig die fenomeen "standaard" soos volg toe: Die begrip 'standaard', suggereer die een of ander vorm van meting of evaluering. Dit kan dus aanvaar word dat 'Hoe standaard' verwys na die feit dat daar in 'n hoe mate voldoen is aan die een of ander metingskaal, of evalueringsinstrument en dat daar 'n hoe mate van

Details

Title
Milieu as Determinant Van Onderwysstandaarde
Author
Rust, Hugo Amos
Publication year
2014
Publisher
ProQuest Dissertations & Theses
ISBN
9798708776013
Source type
Dissertation or Thesis
Language of publication
Afrikaans
ProQuest document ID
2547446000
Copyright
Database copyright ProQuest LLC; ProQuest does not claim copyright in the individual underlying works.